Inbraak by die DBV

boxer_hond
Daar was ‘n inbraak by Brakpan se DBV en die organisasie het die publiek gevra om te help sodat die Dierebeskermingsvereniging met sy goeie werk kan voortgaan. Die diewe het deur die kombuis se plafon ingekom en baie skade is aan die gebou aangerig. Heelwat items is gesteel, maar die diere het darem nie seergekry nie.
Belangrike rekenaartoerusting, kamera, kontant en selfs stewels is gesteel. Die DBV sê dit is belangrik dat die skade herstel word sodat die veiligheid van die diere verseker kan word.
Brakpan DBV is ‘n geregistreerde nie-winsgewende organisasie. Hulle laaste oudit se finansiële state het gewys dat daar ‘n verlies van R20 218 is.
Hieronder volg die bankbesonderhede vir enige skenkings:
Rekeningnaam: BRAKPAN SPCA
Rekeningtipe: CURRENT
Bank: STANDARD BANK
Taknaam: BRAKPAN
Takkode: 012 042
Rekeningnommer: 020 922 094