Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 12th August 2022

HAVCO-werktuie: Duursaam, sterk en veelsydig om die Boer te dien

By 3 min read
517 words

havco 1

HERLES se meerdoelige voerwa- en misstrooierkombinasie, beskikbaar in 10 tot 15 min m33 groottes.

Boere vertrou al sedert 1981 op HAVCO se reeks veelsydige, voor­treflike landbouwerktuie. HAVCO is ՚n agent vir Gallagher en Diamond Implements se produkte.

HAVCO was by vanjaar se Val Boeredag waar talle boere die werktuie in aksie kon beleef.

HAVCO se bekendste werktuie:

HAVCO-misstrooiers

HAVCO se misstrooiers strooi mis ega­lig en bestendig oor ՚n afstand van tot 12 meter.

՚n Swaardiens-kragaftakkeras dryf die ratkas aan en die ratkas lewer krag na die miskappers en die hidrouliese vloer wat die mis nader aan die kappers voer. Die vloerkettings kan tot 82 000 kg trekkrag hanteer en is bestand teen roes.

Die spoed waarteen die vloer mis na die kappers voer word uit die trekkerkajuit beheer om enige strooitempo te handhaaf. Die dubbelry hanekamwerpers verseker egalige verspreiding en het vervang­bare rante vir maklike versiening.

Die nut van die strooier word verder verhoog deurdat daar ՚n stel beskik­baar is waarmee dit buite die strooiseisoen omgeskakel kan word vir die vervoer van items soos koring of mielies. Vol hidrouliese modelle is ook beskikbaar met breedstrooi-eenhede.

Dolf Volschenk van HAVCO en Mark Smit van Gallagher by Val Boeredag.

HAVCO-tapkarre

HAVCO se tapkarre is in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig met die doel om uit te troon bo die res. Slegs A-graad staal word gebruik vir ՚n stewige kon­struksie wat dit ՚n duursame werktuig maak. HAVCO maak ook pasgemaakte tapkarre vir boere met spesifieke behoeftes. Die wielspasiëring kan ook verstel word.

Waarmee boere baie beïndruk is, is die verhoging van oesdoeltreffendheid met die aflaaispoed van tot 16 ton in net minder as 4 minute. (Awegare is vol hidroulies en die eksterne awegaar swaai ten volle weg soos dié van ՚n stroper.)

Die Gallagher-reeks was by HAVCO se stalletjie by Val Boeredag.

 HAVCO-graansiwwe

HAVCO se graansiwwe kom in verskil­lende groottes, van 30 tot 120 ton per uur, met verstelbare inlaatsluise vir optimale graanvloei. Die graansiwwe het verskillende groottes vryvloei-opvangbakke. Die awegaarinvloeistel­sel is verstelbaar. Dit kom met sifsel-aftappunte met ՚n oorlaai-opsie. Havco graansiwwe kan met die kragaftakker, elektries of hidroulies aangedryf word.

HAVCO-baalkerwers

Havco-baalkerwers is ontwerp om gebruik te word met geharde materiaal en enige baalgroottes met ՚n hoë uitlaai en lae KW inlaat. Net een operateur is nodig vanaf die laai tot op vloervlak. Materiaal word gesny en nie gemaal nie, dus verhoog die eindprodukinname en dit is maklik verteerbaar. Die baalker­wer kom met verskillende opsies vir uitlaaivervoerbande asook ՚n uitblaaseenheid. Havco-baalkerwers is ver bo die mededinging in alle opsigte soos spoed, kapasiteit en gehalte om nie eens te praat van duursaamheid nie.

Die gewilde Diamond-voermenger was by Val Boeredag te sien.

HAVCO se ander produkte sluit in:

  • HERLES-voerwa en strooier (hooffoto)
  • Herles-fynsaadplanter
  • Hidrouliese nek- en lyfklamp
  • Meganiese nekklamp
  • Tefsaaiers
  • Baalringe
  • Selfvoerders
  • Waterkrippe
  • Drive over hoppers
  • Saadbehandelingsbakke
  • Plantervervoerstelsels
  • Platbakwaens
  • Diamond-voermengers

HAVCO ontwerp en bou doelgerigte werktuie vir tevrede klante. Daar is ook ՚n wye verskeidenheid Gallagher-produkte waarvan boere kan kies. Gallagher is ՚n leier in dierebestuursprodukte wat boerdery makliker en meer winsgewend maak. Bo en behalwe dit het hulle ook sekuriteitsop­lossings vir elke plaas se behoeftes.

Kontak Dolf by 082-824-1823 vir meer inligting, of skakel 017-712-5355. Stuur ՚n e-pos aan sales@havco.co.za of be­soek HAVCO se Facebookblad.

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0