Categories: NewsPublished On: 20th May 2016

Groter en beter by NAMPO 2016

By 2 min read
339 words

johndeere1

Tegnologie vir boere kom in ‘n verskeidenheid pakkies en groter is nie altyd beter nie, maar by John Deere se bedrywige uitstalling was die groot vassteekplek die reuse 9RX-rusperbandtrekker. Lees meer oor Nampo 2016.

John Deere

Vanjaar by Nampo 2016 is John Deere se eerste vierwielrusperbandtrekker en hulle het die geleentheid gebruik om die nuutste tegnologie in te bou. ‘n Nuwe onderstel is ontwikkel, asook beter suspensie en die rusperbande spog met ‘n loopvlak wat 60% groter is as enige kompetisie. Skuinstes is geen uitdaging vir die reus nie. Die rusperbande het ‘n 4-jaarwaarborg en die midrollers is ook vir 3 jaar gewaarborg.

Die John Deere 9570 RX op die uitstalling is binne enkele minute ná sy bekendstelling verkoop en sommer ‘n hele paar ander boere het van die spesiale R2-miljoen-afslagaanbod en gunstige finansiering gebruik gemaak.

Die 9570 RX hjohn deere2et 425 kW onder die kap, al die tegnologie wat nodig is vir presisiewerk, ‘n Tier 4- John Deere PowerTech™ PSS 13.5L-enjin en in die kajuit met sy afsonderlike suspensie kan die operateur hom lekker tuis maak vir ‘n lang dag se werk.

 

 

 

Equalizer

equalizer1

Die Wes-Kaapse vervaardiger, Equalizer, het homself oor die afgelope paar jaar stewig geplant as ‘n voorloper in minimumbewerkingskringe. Nou met sy nuwe snykouter-plantereenhede vir fynsaadplantwerk is Equalizer gereed vir geenbewerking, of zero-till, soos die Australiërs sê. Frikkie Senekal is die man by die 15000DS.

Equalizer maak ook nou gebruik van die ingevoerde Vset-presisiesaaduitmeter vir wisselende plantwerk en ry-vir-ry-beheer.

Goscor

goscor1

Goscor het sy landboureeks by Nampo 2016 uitgebrei met die nuwe TL358-teleskopiese goscor2hanteerder. Amanda Wilson en Chad Spence van Goscor sê boere kan nou lekker breed saam met hulle glimlag oor die masjien wat met ‘n wye verskeidenheid aanhegsels, soos laaigrawe en baalvurke, al die oplig- en skuifwerk op die plaas kan doen. Die dak van die TL358 is laer gemaak sodat dit gerieflik in ‘n skuur of voerkraal kan beweeg en rondwikkel met 4X4-krapstapstuur. Die operateur geniet 85% sigbaarheid vanuit sy gerieflike kajuit en hy sit omtrent bo-op sy werk om presies te kan sien wat aangaan.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0