Goscor lewer die gereedskap om te kan boer

goscor 1
Die komediant, Jonathan (middel) van Radio Raps, het besoekers by Goscor se NAMPO-standplaas met sy kwinkslae vermaak.
Goscor is jou eenstop-handelaar as dit by gehalte toerusting en masjinerie kom. Hulle indrukwekkende, wye produkreeks is saamgestel om die boer se lewe makliker te maak en hulle voer in en verkoop vanaf skoonmaaktoerusting tot die reuse SANY 20-ton gatgrawer. Elkeen van hulle produkte is sorgvuldig uitgesoek by lande en vervaardigers wat weet wat hulle doen.
Goscor het onlangs deel van die BUD-groep geword en het onafhanklike maatskappye in hulle stal soos Goscor Lift Truck Company, Goscor Bobcat, Goscor Earthmoving Equipment, Goscor Access Solutions, Goscor Cleaning Equipment, Goscor Power Products en Goscor Compressed Air. Elkeen van hierdie maatskappye voer toerusting in en versprei dit in Suid-Afrika en Afrikalande soos Botswana, Mosambiek, Swaziland en Zimbabwe. Hulle beweeg inderwaarheid nou sterk in Afrika in en het onlangs hulle vlae in Namibië, Zambië en Ghana geplant.
Goscor se produkte vind ook elke jaar hulle weg na NAMPO waar boere tussen handelsmerke kan kies en keur. “Ons teenwoordigheid by NAMPO is vir ons van onskatbare waarde en ons kan nie wag om elke jaar ons wye verskeidenheid produkte vir die boere uit te stal nie,” sê Elizme Hanekom, Goscor se geleentheidsbestuurder.

’n Moderne skoonmaker is ’n gelukkige skoonmaker
Goscor Cleaning Equipment voer enige denkbare skoonmaaktoerusting uit Italië en Amerika in, vanaf eenvoudige vakuumpoetsbesems tot groot vakuumtrokke wat rioolstelsels en selfs damme kan leegsuig. Hulle nuutste i-team-stelsel vanaf Nederland is uitgeknip vir vark-, melk- en hoenderplase en kan nie maklik oortref word nie.
Gregory Venter is die besturende direkteur en hy het die besondere eienskappe van die i-mop uitgelig. “Die i-mop-stelsel bestaan uit ’n draaiskropdweil en ’n mobiele eiland wat al die benodigdhede bevat wat ’n skoonmaker sal gebruik. Dit sluit vervangbare water- en chemikalieëtenks, ekstra skroppers en borsels van verskillende hardhede in. Die eiland en sy skropdweil is batteryaangedrewe, sodat jy nooit sukkel met kabels wat koek of in die pad kom nie. Jy gebruik slegs vier liter water om 400 m² skoon te maak, wat ook minder chemikalieë beteken. Met die grootste model, die i-mop XXL, maak jy 2 200 m² in net een uur silwerskoon!
i-team se chemikalieë wat saam met die i-mop gebruik word, is ook iets uit ’n droom. Hulle glo daar moet in vier dimensies skoongemaak word – vloere, mure, plafon en lug. Die chemikalieë maak bakterieë dadelik dood en los ’n lagie op jou oppervlakte wat enige supergoggas deurlopend doodmaak. “Ons het ook ’n chemiese produk waarmee jy jou vensters was. As die son op die vensters skyn, aktiveer dit ’n omgekeerde-osmoseproses wat die koolstofdioksied uit die gebou haal en dit met suurstof vervang,” sê Gregory.

Vir meer inligting oor die uitstaande produkte van Goscor, kontak Debby Marx by 011-230-2600 of stuur ’n e-pos na dmarx@goscor.co.za.





ting. Barend Bekker is ’n senior projekbestuurder by Prowalco; Trevor Phillips is velddiensingenieur by Franklik; en Robyn Joint is projekadministrateur by Prowalco.