Categories: NewsPublished On: 22nd April 2020

Geniet ‘n #homebound #SACheeseFest

By 1 min read
210 words

Lights of sparklers are shining in daylight

Met kaas kan geen dag – of selfs dae van inperking – ooit te blou wees nie! Daarom nooi die Suid-Afrikaanse Kaasfees alle feesvriende om hierdie Vryheidsdag-langnaweek van Saterdag 25 tot Maandag 27 April ‘n gratis virtuele #homebound #SACheeseFest op hul Facebook-blad @SACheeseFestival te geniet.

Op die daaglikse program van 10:00 tot 18:00 is daar kompetisies, demonstrasies (11:00) én tuiskonserte (16:00) met bekende kunstenaars soos Sunset Sweatshop, Danie du Toit van Spoegwolf, en Jimm Harisson Project. Feesvriende word aangemoedig om ‘n #SACheeseFest #festivalfriends foto van ‘n vorige fees te plaas vir ‘n kans om 20 kaartjies te wen na volgende jaar se 20ste SA Kaasfees, asook 20 kase én verblyf vir vier feesvriende by Hawksmoor House. 

Gaste kan Saterdag uitsien na ‘n pas-en-proe van Chenin Blanc en kaas deur Alvi en Junel van der Merwe van Alvi’s Drift terwyl kaasliefhebbers Sondag kan deelneem aan ‘n #cheeseboard #challenge saam met die bekende glanssjefs Jenny Morris en Pete Goffe-Wood. Die tromspeler-sjef Moskou du Toit van Spoegwolf en Drum Restaurant-faam maak op #liggeelMaandag (Vryheidsdag) ‘n #BotterVuur-verskyning. Op dié dag is daar ook ‘n spesiale #liggeel vertoning van die musikant Amy Jones om 10:00, ‘n kuier by Kasselshoop Kaas buite Stilbaai om 14:00, en kaas en feeskaartjies te wen vir die beste geel #stayhome-uitrusting!

Vir meer inligting, besoek www.facebook.com/sacheesefestival. 

Bron: yolandidewetpr

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0