Categories: NewsPublished On: 20th July 2011

Frankfort-en-Rooidam-se-weerbaarheid-neem-toe

By 1 min read
Radio-kommunikasie om boere se veiligheidsituasie te verbeter het weer ondersteuning gekry. Frankfort in die Vrystaat en Rooidam naby Hopetown in die Noord-Kaap het beide ‘n verbeterde radiokommunikasienetwerk danksy ‘n skenking uit die Agri Securitas Trustfonds.
 
Frankfort se stelsel sal deur ses boereverenigings gebruik kan word en sal tot voordeel van die hele gebied se veilighied strek het mnr Japie Grobler, voorsitter van die Agri Securitas Trustfonds gesê.
 
Die Frankfort-omgewing se veiligheidsplan is reeds ver gevorder met plaaspatrollies en besoeke aan bejaardes op plase wat gereeld plaasvind. Met doeltreffende kommunikasie poog dié boeregemeenskap om misdaad soos veediefstal en voertuigdiefstal hok te slaan. 
 
In die geval van die Rooidamboerevereniging sal ‘n plaasskool wat in die gebied geleë is ook by die stelsel baat vind, het mnr Grobler gesê. Die swak kommunikasienetwerk in die Rooidamgebied en die groot afstande wat plaaswonings van mekaar geleë is maak ‘n radiokommunikasienetwerk noodsaaklik vir dié gebied. 
 
Die radio’s kan ook vir doeleindes van rampbestuur ingespan word.
 
Die plaaslike polisie in beide gebiede ondersteun die veiligheidsinisiatiewe van georganiseerde landbou het Agri SA in ‘n verklaring gesê. 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment