Ford Ranger bly aan die voorpunt
Die Ford Ranger het die eerste helfte van 2017 uitgestaan as Suid-Afrika se gunsteling nuwe voertuig, wat die meeste verkope in beide die ligte kommersiële voertuig-segment en die algehele voertuigbedryf behaal het.
‘n Totaal van 3 333 nuwe Rangers is in Junie 2017 verkoop wat 17% meer is as in Junie 2016. Dit het die voertuig sy status laat behou as die beste-verkopervoertuig vir die vierde agtereenvolgende maand vanjaar in SA. Daar is 17 014 Rangers vanjaar by kliënte afgelewer.
Ford se gewilde bakkie het ook die uitvoervolumes laat opstyg na 5 631 eenhede wat in Junie verskeep is. ‘n Totaal van 25 399 plaaslik-vervaardigde Rangers is uitgevoer na 148 markte in Europa, die midde-Ooste en Afrika vir die eerste ses maande van 2017 wat dit een van SA se top uitvoermodelle maak.
Die Ford EcoSport het die beste SUV voertuig gebly met 545 eenhede vir Junie, terwyl die Ford Everest sewe-sitplek SUV 322 eenhede verkoop het.
Die Mustang met sy 86 eenhede wat in Junie verkoop is, is die tweede beste maand vir die voertuig in die jaar.
Ford SA het ‘n totaal van 5 371 voertuie in Junie verkoop, wat die maatskappy ‘n 11,8% aandeel vir die maand gee. Ford se markaandeel is tans op 12,6%.
Volgens die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers van Suid-Afrika (NAAMSA), het die algehele bedryf geëindig op 45 369 nuwe voertuigverkope vir Junie wat 0,9% op is teenoor dieselfde maand verlede jaar.
Die passasierskarsegment op 28 639 eenhede, het met 2,2% geval.
“Dit is fantasties om te eindig met die eerste helfte van 2017 met Ford aan die bopunt van die voetuigverkope en as een van SA se top uitvoerprodukte,” sê Neale Hill, direkteur van bemarking, verkope en dienste vir Ford Motormaatskappy in Sub-Sahara Afrika-streek.
“Die belegging wat Ford gemaak het om ‘n wêreldklas voertuig te lewer het vrugte afgewerp en die bykomende R125-miljoen opgradering op die voertuig se conveyor stelsel sal ons ook help om aan die kliënte se behoeftes te voldoen,” Hill said.
“Daar is geen twyfel dat die bedryf wel onder druk bly as gevolg van die ekonomiese en politieke druk nie en dit is moeilik om te voorspel wat die res van die jaar sal gebeur.”
Bron: Ford Motormaatskappy