Categories: NewsPublished On: 20th March 2017

FAW-vragmotors slaggereed vir NAMPO 2017

By 3 min read
516 words
FAW trucks

28_330

“Die belangstelling in ons uitstalling en voertuie by verlede jaar se skou was verstommend. Besoekers was veral beïndruk met die afwerking, bekostigbaarheid en moderne ontwerp van ons produkte,” sê Jianyu Hao, hoofuitvoerende beampte van FAW Voertuigvervaardigers Suid-Afrika (Edms) Bpk.

FAW se voertuie raak toenemend gewild onder die landbougemeenskap en die aantal FAW’s wat in hierdie sektor aangewend word neem jaarliks toe.

Boere is veral beïndruk met die sterk onderstel, klouvermoë en traksie deur die handratkas, sowel as die duursame ontwerp van FAW se produkte wat van hulle staatmakers in die lande sowel as op die pad maak.

“Kliënte raak toenemend oortuig van die waarde vir geld wat FAW bied en dit is dus glad nie verbasend dat ons voertuie baie gewild is in die landbousektor nie.

“Topgehalte vervaardiging, ‘n eenvoudige en duursame ontwerp, goeie werkverrigting en waarde vir geld – dit is wat FAW se kommersiële voertuie bied,” sê Jianyu. “By NAMPO sal ‘n keur van ons bekostigbare vragmotors te sien wees.

“Die voertuie wat ons verlede jaar by NAMPO uitgestal het was bedoel om te wys hoe gepas FAW se voertuie vir die landbousektor is, ten opsigte van werkverrigting en hoe ons bedryfskoste en gevolglik ook die koste van eienaarskap laag hou,” verduidelik Jianyu.

Groot fokus sal hierdie jaar op twee van FAW se topverkopers – die FAW 8.140FL en die FAW 15.180FL – geplaas word om te wys waarom die twee voertuie so goed vaar in hulle onderskeie marksegmente.

Hierdie is die 16 de keer dat FAW aan NAMPO deelneem. “Ons sien dit as ‘n aanduiding van ons toewyding aan die boeregemeenskap. Ons herken en waardeer die lojale ondersteuning van ons menige kliënte uit landbougeledere regdeur FAW se 22 jaar op die Suid-Afrikaanse mark,” sê Jianyu.

Verkope van FAW-vragmotors in die sub-Sahara-omgewing het met rasse skrede toegeneem sedert die Coega-aanleg in 2014 geopen is. Heelwat suider-Afrikaanse kliënte koop plaaslik vervaardighede voertuie omdat dit nie slegs meer kostedoeltreffend is nie maar ook omdat sommige van die voertuie spesiaal aangepas is vir spesifieke streekstoestande.

Die voordele van plaaslik koop sluit korter afleweringstye, hoë gehaltevlakke wat in die SA aanleg gehandhaaf word en laer kostes in.

“Daar is heelwat voordele daaraan verbonde om FAW-produkte by ons Suid-Afrikaanse basis te koop. Die belangrikste hiervan is natuurlik dat ons hulle vinniger aan ander Afrika-lande kan verskaf en deur die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en Afrika Unie is daar natuurlik ook voordele ten opsigte van invoer- en uitvoerbelasting,” verduidelik Jianyu.

Die NAMPO Oesdag, wat jaarliks op Bothaville in die Vrystaat gehou word, lok nie slegs rolspelers uit die plaaslike landbousektor nie, meer ook heelwat besoekers van regoor Afrika en ander kontinente. Veral Suid-Amerika en Asië word goed verteenwoordig.

FAW se hoofuitvoerende beampte beaam dit: “Ons is baie in ons skik met die toenemende aantal mense wat ons NAMPO uitstalling jaarliks besoek.”

Graan SA se NAMPO Oesdag is die grootste landbou-uitstalling in privaatbesit in die suidelike halfrond. Die Oesdag bied die landboubedryf die geleentheid om eerstehands en op een terrein die jongste tegnologie en produkte wat in die sektor beskikbaar is, te ervaar.

Uitgereik deur Wilken Communication Management namens FAW Voertuigvervaardigers SA.

0

Deel hierdie artikel.

One Comment

  1. Cliff 20th April 2022 at 20:55 - Reply

    Interested

Leave A Comment

0