Categories: NewsPublished On: 11th February 2016

Damvlakke wys dis nog droog

By 1 min read
170 words

gariepdam

Die droogte hang steeds soos ‘n swaar wolk oor Suid-Afrika en dit word weerspieël in die vlak van die land se damme. Volgens die Departement van Waterwese is daar ‘n daling in al die damme se vlakke en daar word vermoed dat daar glad nie ‘n styging vir die res van die somer gaan wees nie.

Die uitwerking van die reën wat in Januarie geval het was minimaal. Die gemiddelde damvlak is 54,6% teenoor 55,1% van laasweek. Verlede jaar hierdie tyd was die gemiddelde damvlak 82,4%. Die Katsedam het ‘n klein verbetering getoon met 0,3%. Die dam staan nou op 59,9%. Hazelmere het gedaal na 33,8% teenoor 34,2% van laasweek. Die Vaaldam is 51,6% vol teenoor laasweek se 52,2% en die Gariepdam is op 49,2% teenoor 48,9%. SAWS (Suid-Afrikaanse Weerdienste) het uitgewys dat die El Niňo-verskynsel besig is om te verswak en daar is geen voorspellings oor La Nina nie. Daar gaan steeds minder reën as normaalweg oor die volgende drie maande val. Dit beteken dat die herstelproses nog baie lank kan neem.

Bron: Departement van Waterwese

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0