Bokhaar het 2,0% goedkoper gesluit

bokhaar
Die sybokhaarmark het onder druk gekom op die laaste veiling van die 2019 somer verkoopseisoen. Die gemiddelde markaanwyser het 2,0% goedkoper gesluit op R284,43/kg te sluit.
Die relatiewe groot aanbieding van 127 199 kg het bestaan uit goeie gehalte sybokhaar, waarvan 98% van die aanbieding verkoop is.
Die gemiddelde markaanwyser van kleinbokkiehaar het met 1,5% gedaal tot R529,84/kg terwyl die gemiddelde markaanwyser van jongbokhaar met 0,9% teruggesak het tot R370,58/kg. Gemiddelde pryse van fyn grootbokhaar 2,1% goedkoper gesluit op R277,27/kg terwyl die gemiddelde markaanwyser van sterk grootbokhaar 1,8% goedkoper verhandel het teen R247,64/kg.
Die eerste veiling van die 2019 winter verkoopseisoen sal 13 Augustus 2019 plaasvind.
Bron: BKB