Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

Bereik die kruin van besproeiing met Valley

By 2 min read

Vernietigende verliese is die voorland van die besproeiingsboer as onbetroubare toerusting onverwags loop staan.

Water is duur, besproeiing is duur, kunsmis is duur, diesel is duur en as jy nie elke keer ’n goeie oes maak nie, kan jou koste maklik jou inkomste oortref.

Dis hoekom ons land se voorste besproeiingsboere geen kanse waag nie – hulle kies Valley, want Valley en suksesvolle oeste loop hand aan hand.

Die eerste rede daarvoor is dat Valley se kundiges daarop toegespits is om jou volgehoue besproeiingsukses te bied. Hulle is nie blote spilpuntsmouse soos sommige ander nie.

Die tweede, ewe belangrike, rede is dat Valley tegnologies ver, ver voor enige ander spilpunt is.

Valley se struktuur is beter ontwerp, beter materiaal word gebruik en hy is stewiger gemaak om volgehoue besproei­ingsukses te verseker. Die eerste Valley in die Krokodilri­viervallei is in 1978 opgerig en hy werk vandag nog foutloos.

Omdat Valley van die begin af reg ontwerp is, is al die basiese Valley-komponente uitruilbaar tussen die verskillende modelle.

Valley trap ook nie, soos sommige ander, in die strik om goedkoper spilpunte te maak deur swakker materiaal en langer spanne te gebruik nie. Dis hoekom ’n Valley nie, soos sommige ander, meegee en omval nie. Al is ’n spilpunt hóé goedkoop, as hy plat lê kos hy geld sonder om die boer enigiets in die sak te besorg.

Valley is stewig, maar soepel. Bolskarniere sorg dat die spilpunt sonder spanning oor enige terrein, selfs oor aartappelwalle, kan beweeg.

Al is Valley die beste, raak hy al verder voor omdat Valley altyddeur nuwe tegnologie ontwikkel en verbeterings aanbring, soos:

  • ’n Nuwe toringstruktuur met ’n stomppyp bo, wat die struktuur nog stewiger maak.
  • Valley se ratkaste en motors is vir vyf jaar gewaarborg, maar nogtans het Valley ’n nuwe motor ontwerp wat nou nog langer hou.
  • Valley se ratkaste is lankal die sterkste en betroubaarste, maar hulle nuwe ratkaste hou nou ook nog langer, want hulle is ontwerp met ’n seël wat in homself draai en nie op metaal waar hy kan slyt nie.
  • Valley bied jou ook ’n nuwe reeks beheerpanele vanaf die heel basiese tot die mees gevorderde rekenaarbeheer sodat daar ’n stelsel presies vir jou behoefte is.

’n Valley loop staan nie, maar nogtans is vervangingsonderdele onmiddellik beskikbaar, want Valley is diens. Dis een van die baie redes waarom boere hulle gewone spilpunte stelselmatig met Valley-onderdele Valleyfiseer totdat hulle ook uiteindelik betroubare, doeltreffende spilpunte het.

Jy kan ook wen met Valley. Skakel Valley by 011-814-7007 om te hoor wie jou Valley-vennoot in jou vallei is.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0