Categories: NewsPublished On: 8th July 2010

As net die beste goed genoeg is, is Kverneland jou keuse

By 3 min read

As jy ’n skitteroes wil behaal, moet jy jou saad die beste moontlike kans gee om kragtig te ontkiem en geil te groei.

Johan en Eben Venter van die plaas, Carmen, net buite Sanniehoef in Barbers­pan se koers, is ’n pa- en seunspan mielieboere wat besef dat saad, diesel en kunsmis duur is en dat jy wys moet werk anders is armoede jou voorland.

Die Venters gee hulle saad ’n voorsprong deur ’n ordentlike, groeibevorderlike saadbed voor te berei en dit kry hulle reg deur die beste werktuie te gebruik: Kverneland.

Die sleutel tot hulle sukses is Kverneland se CLC-beitel­ploeg wat tot 400 mm diep werk en die grond so lekker los maak, as jy agter hom aan loop in die land voel dit kompleet of jy op ’n varsgebakte brood trap.

Die CLC se tande is hol binne. Dit beteken dat hulle beter getemper is as soliede tande wat bros word binne, dat hulle dus meer veerkragtig is om hulle fatsoen te behou, dat hulle veel beter teen slytasie bestand is en dat hulle ’n vibrasie-effek het wat die grond beter verbrok­kel en deurlug as soliede tande.

Die CLC se tande sit normaalweg 285 mm van mekaar af, maar kan verstel word presies soos die boer dit wil hê.

Met die CLC bewerk die boer reusagtige lappe aarde ordentlik sonder om tyd te mors en met breekboute te sukkel waar klippe pla. Die tande se wegbreekaksie word deur bladvere bewerks­tellig en hulle her­stel vanself.

Die groot voordeel van bladveerbeheer is ’n alles-of-niks terugskopaksie. Die beitel bly presies in posisie totdat ’n versperring 650 kg druk daarop uitoefen, dan eers skop dit terug en herstel na presies die regte aanvalshoek.

Met spiraalvere of hidrouliese terugskopbeheer verander die aanvalshoek voordat die druk genoeg is om die beitel te laat terugskop. Dit benadeel bewerking en vereis meer trekkerkrag vir minder gunstige resultate.

Agter die CLC loop ’n roller wat die land mooi gelyk maak en die kluite breek sodat selfs die skugterste mieliepit nie kan wag om in dié gerieflike saadbed geplant te word nie.

En ook geen wonder nie, want hy weet dat bewerking met Kverneland se CLC vog bewaar waar jy andersins tot 150 mm vog kan verloor met ’n ploegaksie.

Die CLC se waarde word bewys deur ’n blok mielies waar die Venters 7 jaar lank met dié bewerking eksperimenteer en die opbrengs oor die tydperk met 7 tot 12% gestyg het.

Na twee of so jaar se heilsame, vogbewarende beitelploegbewerking sê die natuur vir jou jy moet nou ’n slaggie materiaal omkeer om vrot te voorkom.

Daarvoor is ook net die beste vir die Venters genoeg: Kverne­land se AD 85-skaarploeg met sy Packomat-vastrapper wat ook met een beweging ’n gerieflike, groei­bevorderlike saadbed skep. Daaroor meer in die volgende uitgawe van ProAgri.

As net die beste goed genoeg is vir jou, skakel Nico Storm van Kverneland by 033-345-2733 of 082-463-3124 of e-pos na nico.storm@kverneland.co.za  of besoek die web­tuiste  www.kvernelandgroup.com.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment