AFGRI ondersteun AFMA

Hay bails
Hay bails and silage storage
AFGRI het gesê hulle gaan die AFMA (Animal Feed Manufacturers Association) Forum in 2016 ondersteun wat in Sun City van 1 tot 3 Maart plaasvind. Die Forum gaan oor die nuutste internasionale ontwikkelings in dierevoeding en AFGRI gaan ‘n stalletjie daar hê. Dit is die negende AFMA Forum wat aangebied word.
“Dis belangrik dat AFGRI, rolspeler in die vervaardiging van dierevoeding, teenwoordig is by die AFMA Forum om hulle ondersteuning te wys. AMFA verteenwoordig die bedryf op verskeie platforms,” sê AFGRI se besturende direkteur, Chris Venter.
Hy voeg by dat die Forum die nuutste internasionale ontwikkelings in dierevoeding bekend maak en gee vir AFGRI die geleentheid om alles wat hulle bied ook te wys.
Verskeie onderwerpe wat bespreek gaan word:
- Die internasionale voedselsituasie
- Alternatiewe dierevoedingstrategieë
- Voedselverwerking en -tegnologie
- Diervoedingtegnologie
- Spesialis-bestanddele
- Herkouervoeding
- Varke en pluimvee
Meer besonderhede is op die webtuiste beskikbaar: