Wolmark sluit die jaar op ‘n hoë noot af

wol-uitstaande
Op die 16de veiling van die 2017/2018 seisoen het die merinowolmarkaanwyser met +0,6% gestyg en op 18765c per kg skoon gesluit. Dit is ongeveer 27,71% hoër as ‘n jaar gelede.
Gemiddelde skoonwol prysaanwysers vir goeie kwaliteit lang vagwol (MF4/MF5) met ‘n treksterkte van 35 (NKT) was soos volg:
18 µ 23096 (-2,1%) 21 µ 17020 (-0,2%)
19 µ 20914 (+1,3%) 22 µ 16288 (+0,9%)
20 µ 18278 (-0,4%) 23 µ 15256 (+0,4%)
Die grootste kopers op die veiling was: G Modiano (3 327 bale), Standard Wool (3 198 bale) Tianyu SA Pty (Ltd) (2 533 bale) . Van die 12 749 bale wat aangebied is, is 12 676 bale verkoop (99%).
Die hoogste pryse van verkoopte wol op die BKB veiling was:
| TOP 10 BKB PORT ELIZABETH | |||||||
| Naam | Area | Besk. | AWEX Tipe | Mic | Skoon | NKT | Vet Pryse |
| 1. WRM De Wit | Dordrecht | AH2 | MWF4E.90 | 16.6µ | 74,3% | 29 | 19440c |
| 2. HK Lombard | Cradock | CFY | MF4E.62 | 17.0µ | 79,2% | 38 | 19390c |
| 3. HK Lombard | Cradock | BFY | MF4E.70 | 17.8µ | 78,8% | 40 | 18950c |
| 4. Wentzel Broers | Adelaide | BH | MWF4E.81 | 17.0µ | 71,1% | 40 | 18860c |
| 5. Thorngrove Farming (Pty) Ltd | Heuwelsig | BH | MWF5S.76 | 17.2µ | 72,2% | 43 | 18780c |
| 6. Perdeberg Boerdery | Trompsburg | BBFF | MF5S.73 | 16.7µ | 73,7% | 41 | 18750c |
| 7. Wentzel Broers | Adelaide | AFY | MF4E.94 | 17.5µ | 71,6% | 38 | 18540c |
| 8. WPJ Boerdery Bk | Molteno | DH | MLF4E.40 | 16.2µ | 76,5% | 18500c | |
| 9. Avondale Trust | Graaff-Reinet | BBF | MF4S.74 | 17.5µ | 70,6% | 41 | 18310c |
| 10. Perdeberg Boerdery | Trompburg | BFFY | MF5S.61 | 15.3µ | 72,4% | 33 | 18250c |
Die volgende veiling katalogus P1717 sal op 10 Januarie 2018 plaasvind.
BKB wil graag bogenoemde kliënte gelukwens met hulle prestasies, asook almal bedank vir hulle ondersteuning die afgelope jaar en ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar toewens.
Bron: BKB