Categories: NewsPublished On: 5th October 2017

Wolmark styg met 1,6%

By 1 min read
192 words
wol

wol

Op die 7de veiling van die 2017/2018-seisoen het die merinowolmarkaanwyser met 1,6% gestyg en op 17959c per kg skoon gesluit. Dit is ongeveer 21,73% hoër as ‘n jaar gelede.

Gemiddelde skoonwol prysaanwysers vir goeie kwaliteit lang vagwol (MF4/MF5) met ‘n treksterkte van 35 (NKT) was soos volg:

18 µ      22246  (+4,5%)              21 µ      16547   (+0,6%)

19 µ      19869  (+4,0%)              22 µ      16095   (+1,4%)

20 µ      17682  (+3,2%)              23 µ      14757   (+2,2%)

Die grootste kopers op die veiling was: G Modiano (2 806 bale), Standard Wool (1 627 bale), Tianyu South Africa Pty (Ltd) (1 505 bale). Van die 7 500 bale wat aangebied is, is 7 399 bale verkoop (98%).

Die hoogste pryse van verkoopte wol op die BKB veiling was:

TOP 10 BKB PORT ELIZABETH
Naam Area Besk. AWEX Tipe Mic Skoon NKT Vet Pryse
1. Aletmarli Bk Molteno CH MWF4S.72 17.1µ 76,2% 48 19300c
2. Buffelshoek Safaris Bk Somerset-Oos CL MWF4E.62 17.2µ 77,7% 45 19100c
3. Buffelskloof Trust Bedford BFFH MWF4E.70 17.4µ 75,3% 47 18510c
4. DM Erasmus Molteno BH MWF4E.79 17.3µ 72,9% 38 18500c
5. GJ Smit Vrede CFH MWF5S.50 16.3µ 72,8% 18400c
6. CW Erasmus Cradock CH MWF4E.63 16.9µ 73,0% 48 18400c
7. Buffelskloof Trust Bedford CFFH MWF4E.65 16.7µ 72,6% 52 18400c
8. JNR Lapere Graaff-Reinet BH MWF4S.74 17.3µ 73,7% 38 18310c
9. JNR Lapere Graaff-Reinet BFFY MF4E.83 17.2µ 72,3% 37 18200c
10.GA Human Swellendam YAM MF4E.90 16.8µ 72,8% 34 18200c

BKB wil graag bogenoemde kliënte gelukwens met hulle prestasies. Die volgende veiling katalogus P0817 sal op 11 Oktober 2017 plaasvind.

Bron: BKB

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0