Wolmark styg met 0,3%

wol 2 uitstaande
Op die 4de veiling van die 2017/2018 seisoen het die merinowolmarkaanwyser met 0,3% gestyg en op 17411c per kg skoon gesluit. Dit is ongeveer 11,72% hoër as ‘n jaar gelede.
Gemiddelde skoonwol prysaanwysers vir goeie kwaliteit lang vagwol (MF4/MF5) met ‘n treksterkte van 35 (NKT) was soos volg:
18 µ 20784 (+1,7%) 21 µ 16295 (-0,6%)
19 µ 18826 (-0,1%) 22 µ 15642 (-1,4%)
20 µ 16946 (-2,5%) 23 µ 14219 (-0,9%)
Die grootste kopers op die veiling was: Standard Wool South Africa (1 609 bale), G Modiano (1 576 bale) Tianyu South Africa Pty (Ltd) (911 bale). Van die 5 157 bale wat aangebied is, is 5 118 bale verkoop (99%).
Die hoogste pryse van verkoopte wol op die BKB veiling was:
| TOP 10 BKB PORT ELIZABETH | |||||||
| Naam | Area | Besk. | AWEX Tipe | Mic | Skoon | NKT | Vet Pryse |
| 1. Kleiheuwel Trust | Bredasdorp | AM | MF4E.80 | 16.8µ | 75,1% | 41 | 18300c |
| 2. P Fouche | Rouxville | AH | MWF4S.75 | 17.7µ | 78,1% | 51 | 18100c |
| 3. Kleiheuwel Trust | Bredasdorp | AAM | MF4B.90 | 17.7µ | 74,5% | 52 | 17900c |
| 4. P Fouche | Rouxville | BH | MWF4B.66 | 17,2µ | 76,1% | 42 | 17600c |
| 5. Kleiheuwel Trust | Bredasdorp | BKS | MF5M.84 | 17,2µ | 74,2% | 49 | 17600c |
| 6. LS Scheepers | Sterkstroom | BH | MWF4S.75 | 18.3µ | 78,4% | 53 | 17410c |
| 7. P Fouche | Rouxville | CH | MWF4B.68 | 16.8µ | 76,1% | 46 | 17300c |
| 8. LS Scheepers | Sterkstroom | CH | MWF4S.71 | 18.2µ | 76,9% | 56 | 17200c |
| 9. Kleiheuwel Trust | Bredasdorp | BM | MF4S.69 | 16.8µ | 72,6% | 45 | 17070c |
| 10.LS Scheepers | Sterkstroom | AH | MWF4S.81 | 18.6µ | 77,6% | 51 | 16600c |
BKB wil graag bogenoemde kliënte gelukwens met hulle prestasies. Die volgende veiling katalogus P0517 sal op 20 September 2017 plaasvind.
Bron: BKB