Categories: NewsPublished On: 13th June 2017

2016 se padsterftesyfers: ‘n Waarskuwing vir motoriste

By 2 min read
452 words

paaie verkeer

Die jaarlikse padsterftesyfers vir 2016 wat onlangs deur die Padverkeer-bestuurskorporasie (RTMC) bekendgemaak is, bied rede tot kommer en wys dat almal moet help om hierdie sterftes te verminder. Dit is volgens die Automobiel Assosiasie (AA) wat kommentaar lewer op data van die RTMC se padverkeer verslagkalender vir die tydperk van 1 Januarie tot 31 Desember 2016.

Volgens die syfers is 14 071 mense dood op Suid-Afrikaanse paaie die afgelope jaar, ‘n 9% verhoging (1 120 mense meer) op die 2015 syfer van 12 944. Dit is die hoogste jaarlikste padsterftes sedert 2007 toe 14 920 mense dood is op Suid-Afrikaanse paaie. In 2006 is 15 419 mense dood op die land se paaie.

Padsterftes vanaf 2007 tot 2016:

Bestuurders Passasiers Voetgangers Fietsryers 1 Onbekend 1 Totaal
2016 3601 4608 5410 451 1 14071
2015 3493 4232 4870 320 29 12944
2014 3983 4294 4425 12702
2013 3695 3924 4225 11844
i2012 3861 4787 4880 13528
2011 4189 4787 4978 13954
2010 4106 5253 4609 13968
2009 4066 5023 4687 13767
2008 3982 4965 4927 13874
2007 4426 4916 5578 14920

Bron: RTMC padverkeerverslag: 2009 – 2016

Nota 1: Syfers van fietsryers en onbekend is vanaf 2015 bekend.

Menslike faktore word aangewys as die grootste bydrae tot padongelukke en sterftes, naamlik 77,5%. Voertuigfaktore (6%), en pad- en omgewingsfaktore (16,5%), is die res van die faktore wat ‘n rol speel.

Onder die menslike faktore wat tot ongelukke en sterftes lei, is voetgangers (38,8%), tref-en-trap ongelukke (18,5%), hoë spoed (14,1%), om ‘n ander kar verby te steek terwyl daar aankomende verkeer is (6,9%), dronkbestuur of bestuur terwyl op dwelms is (3,6%) en moegheid op paaie (2,2%).

“Hierdie syfers moet al die motoriste in die land bekommer. Dit dui ook aan dat bewustheidsveldtogte en onderriginisiatiewe nie goed genoeg werk nie, dat mense se houding wanneer hulle bestuur vererger en dat wetstoepassing nie die impak maak wat dit moet nie. Ons is baie bekommerd oor die toename in sterftes en ons vra vir alle rolspelers om hiermee te help,” sê die AA.

Die statistieke wys Gauteng en KwaZulu-Natal het die hoogste persentasie van padsterftes in die land, elkeen dra by tot 20% van die nasionale totaal. In Gauteng het 2700 mense op die paaie gesterf, terwyl 2715 in KwaZulu-Natal gesterf het. Die Noord-Kaap (409 sterftes), die Vrystaat (992 sterftes) en Noordwes (1084 sterftes) het die minste sterftes op die paaie gehad.

Voetgangers bly die kwesbaarste op die paaie; 5410 van die 14 071 sterftes was voetgangers of 38% van die totale syfer.

“Ongelukkig is daar ‘n persepsie tussen padgebruikers dat verkeersoortredings nie ‘n ernstige oortreding is nie. Deur ‘n meer konsekwente hanteering van verkeersoortredings in die hof kan hierdie persepsie verander en hopelik sal bestuurders dan besef hulle is nie bo die wet verhewe nie. Die Johannesburg Metropolitaanse Polisiedepartement gaan meer polisiebeamptes aanstel en meer amptenare op die paaie plaas, ons verwelkom dit en hoop dit word uitgebrei na die res van die land toe,” sê die AA.

Die AA voel ook dat ‘n ander benadering tot padveiligheid in Suid-Afrika nodig is. “Om bestuurders se onwettige lisensies af te vat en die onpadwaardige voertuie van SA se paaie af te kry is ‘n stap in die regte rigting.”

Bron: AA

0
Views: 262Comments Off on 2016 se padsterftesyfers: ‘n Waarskuwing vir motoriste

Deel hierdie artikel.

0