Categories: NewsPublished On: 7th July 2016

Goscor se vuurvegter

By 1 min read
249 words

Goscor Power Products

Goscor Power Products het ‘n reeks kragtige, watervriendelike vuurvegters, wat enige iets kan hanteer van klein veldbrande tot groter brande, bekendgestel.

Goscor het 30 jaar se ervaring met brandbestryderstoerusting en die vuurvegters is ontwerp en ontwikkel om kostebesparend en veilig te wees.

“Ons het empatie met ons boere wat onder geweldige druk is as gevolg van die droogte,” sê Mark Bester, besturende direkteur.

“In ‘n poging om die hulp aan ons boere te verleen, het ons besluit om ‘n laekoste-, hoëdruk-vuurvegter met lae watergebruik beskikbaar te stel. Dit is ideaal vir veldbrande. Wanneer dit by prestasie kom is hierdie eenheid meer kragtig as meeste van sy mededingers. Ons wil ons kliënte eerste plaas deur die vuurvegter teen ‘n meer bekostigbare prys aan te bied sodat boere hulle vee en gewasse kan beskerm.”

Die vuurvegter het ‘n 620 liter laeprofiel watertenk van poli-etileen, met ‘n groot deksel (450 mm in deursnee) vir maklike skoonmaak. Die water beweeg nie baie as die voertuig beweeg nie.

Die swart tenk se binnekant blokkeer UV-strale sodat alge nie opbou wat die pomp verstop nie.

Die vuurvegter is ook baie veelsydig aangesien die robuuste pompe toegerus is met vlekvrye staalsuiers en suurbestande seëls wat die eenhede geskik maak vir beeste se dip.

Die vuurvegters is by NAMPO 2016 uitgestal en was baie gewild onder die boere.

Goscor Power Products is deel van die Goscor Group of Companies en het ‘n verskeidenheid toerusting soos pompe, kragopwekkers, sweismasjiene, vuurvegters, enjins, rollers, kompakteerders en hystoerusting.

Bron: Goscor power products

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0