Categories: NewsPublished On: 26th June 2017

Napier se 49ste kudde evaluering

By 1 min read
128 words

Photo 2

Napier Landbouvereniging (NLV) het vanjaar suksesvol hulle 49 ste kudde evaluering aangebied.

Ten spyte van moeilike omstandighede het die skape goed vertoon wat dui op goeie voer en bestuurpraktyke van die tien deelnemers.  Die evaluering bied deelnemers ‘n kans om hulle kuddes teen vorige jare se syfers asook die streek se gemiddeldes te evalueer. Die dag is goed bygewoon met ‘n gemiddelde aantal gaste van 45 by die besoekpunte.

NLV is trots om die oudste evaluering van sy soort aan te bied en sedert die wisseltrofee se eerste oorhandiging in 1969 spog die name van kleinkinders en oupa’s op dieselfde trofee – wat ‘n voorreg en trots!!

Volgende jaar beloof om groter en beter te wees en is NLV opgewonde om die 50ste byeenkoms te beplan en te reël.

Bron: NWKV

NApier Landbouvereniging

0
Views: 485Comments Off on Napier se 49ste kudde evaluering

Deel hierdie artikel.

0