Jy word hartlik uitgenooi na der, aangebied in samewerking met Bonsmara SA.
Die tema van die dag fokus op een van die bedryf se mees aktuele uitdagings: Bek-en-klouseer en die pad vorentoe, ‘n gesprek wat elke veeboer tans raak.
Die geleentheid vind plaas op 1 Mei 2026 by Kroon Boma, waar verskeie kundige gassprekers hulle kennis en insigte sal deel oor die impak, bestuur en toekoms van die siekte in Suid-Afrika.
Toegang is gratis, en telers van alle rasse is welkom om deel te wees van hierdie belangrike gesprek en netwerkgeleentheid.


