Categories: NewsPublished On: 7th November 2011

Ysterperdryer-red-kalfie

By 1 min read

Johan Gray, ‘n sake-ontleder van Pretoria, en pa van twee, het daarin geslaag om ‘n klein kalfie uit ‘n waterkanaal te red deur slegs ‘n sleeptou en sy BMW 450X te gebruik. 

Die reddingsdaad het plaasgevind tydens die Amageza-off road motorfiets-uitdaging in Oktober vanjaar.

Die hele gedeurtenis is met Johan se helmet-kamera opgeneem en op YouTube gelaai waarna dit reeds meer as 1 700 000 keer gekyk is, en selfs hoofnuus in België en Nederland geword het.

"Ek het op die klein Vrystaatse dorp Luckhoff groot geword en het daagliks met die plaaslewe te doen gekry," het Johan gesê. Johan meen dit is dié ervarings tydens sy kinderjare wat hom instaat gestel het om kop te hou tydens die reddingspoging. 

As ‘n blyk van waardering vir sy heldhaftige optrede, het TomTom vir Johan ‘n splinternuwe stoere en waterdigte TomTom-Rider navigasie-toestel gestuur. Sy nuwe TomTom is spesifiek vir motorfietsryers ontwerp en sal sekerlik handig te pas kom op al sy toekomstige avonture.

Die kalfie het ondertussen ongedeerd by sy kudde op die Hoëveld aan die buitewyke van Johannesburg aangesluit.

Die video kan gesien word by: http://www.youtube.com/watch?v=9DItbharEN8

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment