Categories: NewsPublished On: 4th February 2011

Wêreldvoedselprys op nuwe rekordvlak

By 1 min read

Die Voedsel- en Landbou-organisasie het aangekondig dat voedselpryse tot die hoogste vlak nog gestyg het sedert die organisasie voedselprysbewegings begin meet het in 1990.

Die gemiddelde voedselprysindeks staan tans op 231 punte, 3,4 persent hoër as in Desember verlede jaar.
 
Die pryse van al die voedselgroepe wat gemeet word, het gestyg, met die uitsondering van vleis wat onveranderd gebly het.
 
Die onderskeie indekse sien soos volg daaruit:
 
Graanprysindeks
Staan op ‘n gemiddeld van 245 punte vir Januarie, drie persent hoër as Desember en die hoogste vlak sedert Julie 2008. Dis egter steeds 11 persent laer as die rekord hoogtepunt van April 2008.  Die styging in Januarie reflekteer grootliks die deurlopende styging van die internasionale prys van mielies en koring soos wat voorrade afneem. Die prys van rys het effens teruggesak omdat rys tans in die meeste uitvoerlande geoes word.
 
Olies en vette-prysindeks
Hierdie indeks het met 5,6 persent gestyg en staan op 278 punte, baie naby aan die rekordvlak van 2008.
 
Suiwelprysindeks
Staan op ‘n gemiddeld van 221 punte vir Januarie, 6,2 persent hoër as Desember. Die pryse word ondersteun deur ‘n hoë vraag na suiwelprodukte terwyl produksie in die suidelike-halfrond begin afneem.
 
Suikerprysindeks
Die suiker-prysindeks het op ‘n gemiddeld van 420 punte vir Januarie te staan gekom. Dit is 5,4 persent hoër as in Desember. Internasionale suikerpryse bly hoog weens die hoë vraag na suiker.
 
Vleisprysindeks
Die indeks het onveranderd gebly in die omgewing van 166 punte weens die daling in die vraag na vleis in Europa as gevolg van die besmette voer skandaal. Pryse is egter ondersteun deur ‘n effense hoër uitvoerprys van Brasilië en die Verenigde State van Amerika.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0