Wêreld-organisasie-sê-steun-aan-landbou-is-op-‘n-laagtepunt
![]() |
Lande wat hulle boere subsidiëer se bydrae tot boere se inkomste het tot sy laagste vlak in 30 jaar gedaal volgens ‘n versslag van die Organisasie vir Ekonomiese samewerking en Ontwikkeling (OECD). Die daling word aan hoë voedselpryse toegeskryf.
Volgens die verslag het die steun aan lidlande se boere in 2010 tot ‘n rekord laagte punt van 18% gedaal. Die subsidie aan boere was ten bedrae van $227 miljard vir die jaar.
Die organisasie se Direkteur vir Handel en Landbou, Ken Ash, het gesê dat die tyd nou ryp geword het om beleid oor die ondersteuning aan landbou aan te pas.
Die mate waartoe regerings hulle boere subsidiëer verskil grootliks. Indien die tydperk 2008 tot 2010 in oënskou geneem word het lande soos New Zealand (1%), Australië (3%) en Chile (4%) klein subsidies betaal.
Die VSA (9%), Isreal en Mexico (12%) en Kanada (16%) is ook onder die OECD gemiddeld. Die Euripese Unie het sy steun aan boere tot 22% verminder.
Aan die ander kant van die skaal is steun aan boere steeds baie hoog: Korea (47%), Ysland (48%), Japan (49%), Switserland (56%) en Noorwee (60%).
Die OECD het gesê dat die groeiende vraag na voedsel, hoër pryse, meer onstuimige markte, en toenemende druk op hulpbronne redes is waarom beleid hersien moet word.
Hulle het gesê lande moet eerder markgedrewe meganismes ontwikkel soos hoër produktiwiteit op hulle boere se plase eerder as om net subsidies te betaal.
Volhoubaarheid en mededingendheid moet ook bevorder word eerder as om die markte te ontwrig. Die beleid moet ook voorsiening maak vir meer steun aan navorsing, ontwikkeling en opleiding.