Categories: NewsPublished On: 26th October 2011

Wolpryse-styg-tot-hoogste-vlak-nóg

By 1 min read
191 words
Geskiedenis is op vandeesweek se wolveiling gemaak toe Cape Wools se Merino-aanwyser vir die eerste keer deur die sleutelvlak van R100/kg gebreek het om op R100,15/kg skoonwol te sluit.
 
Dit  is ook 7,5% hoër as verlede week se veiling en 60% hoër as op dieselfde veiling verlede seisoen. 
Dié styging is in ’n groot mate deur sterk belangstelling uit Europa aangevuur, waar vetwolvoorrade baie laag is. Dit lyk ook asof daar groter vertroue onder Europese verwerkers is het Ona Viljoen van Cape Wools gesê.
Die rand het grootliks onveranderd gebly teenoor die belangrikste geldeenhede vergeleke met verlede week se gemiddelde koerse.
Altesame 7 780 bale is aangebied waarvan 97% verkoop is.  
Die pryse van alle langwolkategorieë het gestyg, maar die grootste styging is deur die mediumwolkategorieë aangeteken met pryse wat tot 9% gemiddeld verbeter het.
Die gemiddelde skoonwolpryse van die lang kamwoltipes (MF5) met minder as 1% saadinhoud was as volg: 
  • 19 mikron verstewig met 8,7% tot R119,40/kg
  • 20 mikron was 7,6% duurder op R119,30/kg
  • 21 mikron styg met 9,2% tot R106,10/kg
  • 22 mikron verbeter met 9,3% tot R98,83/kg

Sowat 10 000 bale sal volgende week aangebied word.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0