Categories: NewsPublished On: 1st September 2011

Wolpryse-stewiger-op-tweede-veiling

By 1 min read

Die wolmark het stewig op die tweede veiling van die seisoen vertoon en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 2,5% teenoor die vorige veiling twee weke gelede verbeter tot R94,32/kg (skoonwol).

Ona Viljoen berig vanuit Port Elizabeth dat die plaaslike mark die Australiese mark gevolg het waar pryse ook bestendig was en die markaanwyser marginaal hoër as die vorige week gesluit het. Die redelike klein aanbod van 6 128 bale het pryse ook help ondersteun. Die verkooppersentasie was 94%.

Die pryse het verstewig ondanks die rand wat met 1,1% teenoor die Amerikaanse dollar versterk het vergeleke met die vorige veiling.

Die mark is op die oomblik nog redelik rigtingloos omdat die vraag uit Europa steeds redelik traag is weens die Europese somervakansie.

Die gemiddelde skoonwolpryse van die lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) pryse was soos volg: 19 mikron verbeter met 1,9% tot 114,62/kg, 20 mikron was 2,4% duurder op R102,16/kg, 21 mikron styg met 4,2% tot R98,68/kg en 22 mikron verstewig met 1,6% tot R93,99/kg.

Sowat 7 500 bale sal volgende week aangebied word.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0