Categories: NewsPublished On: 3rd October 2011

Wolpryse-sak-terug

By 1 min read
202 words
Wolpryse het skerp op vandeesweek se veiling gedaal te midde van onsekerheid in die markte en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 6,1% teruggesak tot R91,68/kg (skoonwol). Dit is effens laer as die openingsvlak.
 
Die plaaslike mark het ook die Australiese mark gevolg waar pryse reeds sedert middel September afwaarts neig.
 
Wol uit gebiede waar slenkdalkoors voorheen voorgekom het, het aanmerklik laer pryse as die ander wol behaal, wat ook tot die daling van die aanwyser bygedra het. Dit het veral gegeld vir saamgepakte en hergegroepeerde wol.
 
Die rand was 1% laer teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met verlede week se gemiddelde koers.
 
Dit was ’n klein veiling met net 5 346 bale wat aangebied is, waarvan 79% verkoop is. Dit is die laagste verkooppersentasie sover dié seisoen. 
 
Die pryse van alle langwoltipes het gedaal, maar wol van 19 mikron en fyner het die grootste dalings aangeteken.
Die gemiddelde skoonwolpryse van die lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) pryse was soos volg: 19 mikron verswak met 6,8% tot R111,17/kg, 20 mikron was 5,6% goedkoper op R100,43/kg, 21 mikron daal met 5,6% tot R96,21/kg en 22 mikron verswak met 4,7% tot R92,54/kg. 
 
Sowat 7 500 bale sal volgende week aangebied word. 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0