Wolprys styg steeds
Wolpryse het vir ’n derde agtereenvolgende week verbeter en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 2,1% tot ’n hoogtepunt van R78,13/kg (skoonwol) gestyg.
Dit beteken dat die markaanwyser sedert die openingsveiling in Augustus verlede jaar met 35% verbeter het.
Die mark word tans aangedryf deur sterk vraag en kommer oor die beskikbaarheid van wol.
’n Swakker rand het pryse verder ondersteun. Die rand was 2,4% swakker teenoor die Amerikaanse dollar vergeleke met die vorige veiling, terwyl dit met 4,2% teenoor die euro teruggesak het.
Die aanbod van 8 690 bale was aanmerklik kleiner as tydens die vorige twee veilings. ’n Verkooppersentasie van 94,5% is behaal.
Die gemiddelde pryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) was soos volg: 20 mikron verstewig met 0,6% tot R81,49/kg, 21 mikron styg met 1% tot R76,04/kg en 22 mikron was 43,1% duurder op R75,47/kg.
Sowat 6 500 bale sal op volgende Woensdag se veiling aangebied word.