Categories: NewsPublished On: 20th January 2012

Wolprys daal, produksie dalk ook laer

By 1 min read
200 words

Na rekordpryse die afgelope paar weke het die wolprys die week effens terruggesak. Volgens Ona Viljoen van Cape Wools het die Merino-aanwyser met 2,4% gedaal tot R102,65/kg (skoon). 

Die daling is as gevolg van moontlike weerstand vanuit sekere sektore teen die hoë prysvlakke van die laaste paar weke. Die rand het ook met 1,1%  teenoor die Amerikaanse dollar versterk, wat die mark verder onder druk geplaas het.  

Die grootste dalings is in kategorie vir 20 mikron aangeteken, wat met meer as 5% teruggesak het. In Australië het die mark ook ná verlede week se styging verswak. 

Dit was ’n groot veiling met 13 968 bale waarvan 92% verkoop is. Die gemiddelde skoonwolpryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte was soos volg: 19 mikron verswak met 3,4% tot R116,96/kg, 20 mikron was 5,7% goedkoper op R108,12/kg, 21 mikron verswak met 3,9% tot R105,19/kg en 22 mikron daal met 3,5% tot R103,82/kg.                

Wolontvangste by makelaars tot datum is 9,3% laer as in die ooreenstemmende tydperk verlede seisoen, wat ’n aanduiding kan wees dat produksie dié seisoen gaan daal. 

Sowat 10 000 bale sal volgende week aangebied word.

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0