Categories: NewsPublished On: 26th January 2012

Wolmark staan sy man

By 1 min read

Die wolmark het die week te midde van ‘n sterker rand goed vertoon. Volgens Ona Viljoen van Cape Wools het die Merino-aanwyser feitlik onveranderd op R102,47/kg (skoonwol) gesluit. Dit is slegs 0,2% laer as verlede week.

Die Australiese mark het effens hoër gesluit as verlede week.

Ondanks die rand se versterking teenoor die Amerikaanse dollar het sterk mededinging onder veral die vetwoluitvoerders die mark ondersteun. Hoewel die aanwyser feitlik onveranderd was, het die pryse van lang vagwol van gehalte (MF5) van die meeste mikronkategorieë met tussen 0,5% en 2,5% gestyg. Die enigste uitsondering was 21 mikron, wat effens teruggesak het.

Die gemiddelde skoonwolpryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte was soos volg: 19 mikron versterk met 2,6% tot R119,97/kg, 20 mikron was 0,5% duurder op R108,69/kg, 21 mikron verswak met 0,8% tot R104,33/kg, maar 22 mikron styg met 0,8% tot R104,70/kg.

Daar is 97% van die 10 186 bale verkoop tydens die veiling wat heelwat kleiner is as die vorige week. Volgende week se aanbod van 5 500 bale is die kleinste sover dié seisoen.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0