Categories: NewsPublished On: 9th November 2011

Wolmark-staan-steeds-sterk

By 1 min read
181 words
Die wolmark in Port Elizabeth het steeds redelik sterk op vandeesweek se veiling vertoon en Cape Wools se Merino-aanwyser het met ’n geringe 0,6% teruggesak tot R103,39/kg skoonwol. Op dieselfde veiling verlede jaar het die aanwyser op R68,66/kg skoonwol gesluit.
 
Goeie gehalte wol was hoog in aanvraag en het goeie pryse behaal.  Daar was ook goeie mededinging onder kopers en 95% van die 9 240 bale wat aangebied is, is verkoop. 
 
Kopers was nie si gretig om hoë pryse vir die medium en swakker wol te betaal nie. Hulle het weer gewaarsku dat produsente teen besoedeling moet waak en seker moet maak dat daar nie te groot variasie in die lengte van die wol is wat saam verpak word nie.
 
Die gemiddelde skoonwolpryse van die lang kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) se pryse was soos volg: 
  • 19 mikron verswak met 2,6% tot R119,93/kg 
  • 20 mikron was 1,9% goedkoper op R112,36/kg 
  • 21 mikron daal met 1% tot R107,85/kg 
  • 22 mikron verswak met 1,1% tot R100,91/kg
Sowat 10 500 bale sal op die volgende veiling aangebied word. 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0