Categories: NewsPublished On: 2nd November 2011

Wolmark-sluit-weer-hoër

By 1 min read
Wolpryse het weer ’n stewige styging op vandeesweek se veiling aangeteken en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 3,9% tot R104,03/kg (skoonwol) verbeter. Dit is 13% hoër as die openingsveiling en 60% beter as op dieselfde veiling verlede seisoen.
 
Wolvoorraad in die belangrikste verbruikerslande is tans op lae vlakke.Dit blyk asof kommer oor die beskikbaarheid van wol die vraag stimuleer. 
 
Die rand was effens swakker teenoor die belangrikste geldeenhede vergeleke met verlede week se gemiddelde koerse.
 
Daar was goeie mededinging onder vetwoluitvoerders en plaaslike verwerkers. 10 369 bale is aangebied en 96% is verkoop.
 
Die pryse van al die goeie langwoltipes het met tussen 2% en 5% gestyg.  
 
Die gemiddelde skoonwolpryse vir lang kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) se pryse was soos volg: 
  • 19 mikron verstewig met 3,1% tot R123,14/kg,
  • 20 mikron was 3,9% duurder op R114,55/kg
  • 21 mikron styg met 2,7% tot R108,98/kg 
  • 22 mikron verbeter met 3,2% tot R102,00/kg
Sowat 9 000 bale sal volgende week aangebied word. 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment