Categories: NewsPublished On: 17th November 2011

Wolmark-draai-maar-staan-steeds-stewig

By 1 min read
Cape Wools se Merino-aanwyser het dié week met 2,6% tot R100,75/kg (skoonwol) teruggesak. Die wolmark het op die veiling stoom verloor weens voortgestte onsekerheid op wêreldmarkte en inflasie-vrese. Die prys is egter steeds bokant die belangrike vlak van R100/kg.
 
Die Suid-Afrikaanse mark het die Australiese mark, waar pryse ook verswak het, nagevolg. Die rand, wat met 3,5% teenoor die Amerikaanse dollar verswak het vergeleke met die gemiddelde koers tydens verlede week se veiling, het bygedra dat die mark verder teruggesak het.
 
Die grootste dalings in vagwol was in die kategorieë vir 20 en 21 mikron, waar die gemiddelde prys met sowat 3% gedaal het.
 
Die gemiddelde skoonwolpryse van die lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte (minder as 1% saadinhoud) pryse was soos volg: 19 mikron verswak met 1,4% tot R118,31/kg, 20 mikron was 3,2% goedkoper op R108,75/kg, 21 mikron daal met 2,7% tot R104,89/kg en 22 mikron was onveranderd op R100,05/kg. 
 
Sowat 8 500 bale word op die volgende veiling aangebied. 
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0