Categories: NewsPublished On: 2nd February 2012

Wolmark-bly-positief

By 1 min read

Die wolmark het hierdie week effens hoër gesluit en Cape-Wools se Merino-aanwyser het met 0,5% gestyg tot R103,01/kg (skoonwol).

Ona Viljoen van Cape Wools sê die mark het stewig vertoon selfs na die rand met 2,1% teenoor die Amerikaanse dollar verstewig het. Die pryse is aangevuur deur vrese vir woltekorte aangesien wolproduksie nou in al vyf die belangrikste uitvoerlande op hulle laagste vlakke in dekades is.

Hierdie week se veiling was relatief klein met net 6 180 bale, waarvan 96% verkoop is. Die gemiddelde skoonwolpryse van lang, kamwoltipes (MF5) van gehalte was soos volg: 19 mikron verswak met 1,7% tot R117,95/kg, 20 mikron was 2,1% duurder op R110,95/kg, 21 mikron verstewig met 1,8% tot R106,18/kg en 22 mikron styg met ’n marginale 0,3% tot R104,99/kg.

Sowat 9 500 bale sal volgende week aangebied word.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment