Categories: NewsPublished On: 9th July 2010

Witgesig Speenkalfprogram is ’n wenner

By 2 min read

DieWitgesig-Speenkalfprogram-is-n-wenner/p>

Die SA Hereford Telers­genootskap het die program geloods om speenkalf­kopers reg oor die land te bereik. Dit maak gebruik van Inter­netveilings wat deur die bekende lewendehawebemarkingsmaatskappy, CMW, hanteer word.

Elke Maandag tussen 13:00 en 14:00 kan ’n voornemende koper in die gemak van sy eie kantoor agter die rekenaar inskuif om te sien wat die Hereford-boere aanbied.

Saam met dié gerief kom ook die gemoedsrus dat die prentjie nie mooier as die dier is nie. Die spesiale “Whiteface Weaner”-em­bleem dien as waarborg dat die veldagente van CMW seker gemaak het elke kalf voldoen aan die gestelde vereistes.

Die eerste vereiste is dat die kalf, selfs al is dit ’n Here­ford-kruising, die kenmerken­de wit gesig van ’n Hereford moet hê. Speenkalwers moet tussen 4 en 8 maande oud wees en word in een van drie gewigskategorieë tussen 140 en 280 kg verkoop.

Streng gesondheidsvereistes word ook gestel. Alle kalwers moet minstens 3 weke voor hulle gelaai word, teen BVD, sponssiekte en miltsiekte ingeënt word. Natuurlik moet hulle ook die goeie bou- en vleiseienskap­pe vertoon waarvoor die Hereford-ras bekend is.

Slim kopers verkies Here­fords vanweë hulle rustige temperament, wat ook bydra tot hulle vinnige groeitempo en uitstekende voeromset. Dit is een van net vier rasse wat deur Woolworths gekeur is vir sy “Select Beef”-program.

Om die Internetveilings vir die kopers nog makliker te maak, word die kalwers na sentrale laaipunte geneem.

Groter aankopers kan gerus kennis neem van ’n paar spesiale datums op die veilingskalender wanneer die witgesigte in groot getalle saamgetrek word. Die eerste is op 7 April in samewer­king met die Barkley-Oos Speenkalfverkoping en op 21 April word daar saamgespan met die New England Speenkalfverkoping. Nog hoogtepunte is op 29 April en 19 Mei.

Besoek www.cmw.co.za vir al die belangrike veilings­nuus. 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0