Categories: NewsPublished On: 21st June 2011

Wes-Kaapse-Minister-besoek-DBV

By 1 min read
Die bokke, skape, perde en beeste wat langs die N2-hoofweg wei is ‘n goeie voorbeeld van die uitdagings van verstedeliking het Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling gesê.
 
Die diepgewortelde kultuur van kommunale-boerdery, waar heinings nog nie ‘n belangrike rol speel nie, maak die saak nog meer ingewikkeld meen meneer Van Rensburg.
 
Rolle oorvleuel


“Baie mense is onder die indruk dat die Departement van Landbou net werk met plaasdiere en die DBV net omsien na troeteldiere soos katte en honde. Niks kan verder van die waarheid wees nie” het meneer Van Rensburg gesê.
 
“My Departement het verlede jaar 75 000 honde en katte in van ons armer gemeenskappe teen hondsdolheid ingeënt, en ons sal voortgaan om sodanige dienste te lewer waar mense nie die dienste van ‘n privaat veeartse kan bekostig nie” het hy gesê.
 
“En aan die ander kant is dit baie dikwels die DBV wat plaasdiere se nood verlig. In ‘n onlangse geval van ‘n kommersiële volstruisboer in Laingsburg wat sy voëls verwaarloos het, was dit die plaaslike DBV wat ingegryp het”, het hy gesê. (Lees: Minister kwaad vir volstruisboer)
 
“As die Minister van Landbou wil ek hê dat alle boere verantwoordelikheid vir die diere wat hulle hou moet aanvaar. Mense wat nie vir hulle diere kan sorg nie, moet nie hulle in die eerste plek nie aanhou nie”, aldus meneer Van Rensburg.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0