Categories: NewsPublished On: 30th September 2011

Wes-Kaapse-Departement-van-Landbou-as-die-beste-departement-in-Suid-Afrika-aangewys

By 1 min read
Die Wes-Kaapse Departement van Landbou is onlangs deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Regerings-ouditeure (saiga) as die beste departement in Suid-Afrika vir sy jaar se verslagdoening aangewys. Diè Departement wat teen ander provinsiale en nasionale departemente meegeding het, het die gesogte toekenning vir algehele wenner ontvang met ‘n punt van oor die 96 % vir sy verslag. Die Wes-Kaapse Departement van Landbou het ook die toekenning vir die beste Provinsiale Departement ontvang.
 
Mnr Gerrit van Rensburg, Wes-Kaapse Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling, het gesê dat hy is baie trots is op die prestasie. "Om erken te word as die beste departement in die land is ‘n besondere eer. Hierdie prestasie weerspieël die harde werk wat gedoen word in die Wes-Kaapse regering en ook by die Departement van Landbou. Hierdie toekenning is deur die Departement gewen weens ‘n kultuur van meedoënlose strewe om voortdurend  te verbeter " het hy gesê.
 
Mnr Van Rensburg het gesê dat die toekenning gee erkenning aan die wyse waarop die Departement sy dag-tot-dag take verrig. "’n Organisasie wat uitstekend vaar met sy verslagdoening en rekeningkundige aktiwiteite vaar ook uitstekend om dienste op grondvlak te lewer het hy gesê. “Dit is die geval met die Wes-Kaapse Departement van Landbou" aldus mnr Van Rensburg.
 
Die jaarlikse verslagdoening-toekennings vir die openbare sektor bestaan uit 12 toekennings naamlik:
  • Een vir die beste verslag van ‘n nasionale departement
  • Nege vir die beste provinsiale departemente 
  • Een van die hoogste telling vir die afgelope drie jaar
  • Een vir die departement wat die algehele hoogste telling behaal het.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0