Categories: NewsPublished On: 30th May 2011

Wes-Kaap-se-regering-wil-“red-tape”-met-“rooi-tapyt”-vervang

By 1 min read
Gerrit van Rensburg, Wes-Kaap Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling  (regs), en Jim Paice, Britse Minister van Voedsel en Landbou.
Die Wes-Kaap se regering is tans besig om te kyk hoe “red tape” met `n “rooi tapyt” vir besigheid vervang kan word het meneer Gerrit van Rensburg, Wes-Kaap Minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling tydens sy besoek aan die Verenigde Koninkryk gesê. Meneer Van Rensburg het dié land besoek om handelsbande met die Wes-Kaap te versterk. 
 
“Ons kan beslis uit julle ondervinding leer” het hy aan Jim Paice, die Britse Minister van Voedsel en Landbou gesê. 
 
Onetiese besigheidspraktyke van sommige Britse vrugte-invoerders is tydens die ontmoeting bespreek. “Ek het ons plaaslike bedryf se besorgdheid in die verband onder die Britse minister se aandag gebring en ons het moontlike oplossings vir die probleem bespreek” het meneer Van Rensburg gesê. Hy het ‘n verslag wat deur Fruit South Africa oor die aangeleentheid opgestel is aan meneer Paice oorhandig.
 
Meneer Paice het gesê dat die Verenigde Koninkryk tans besig is om wetgewing te skep wat dit mootlik sal maak om `n ombudsman aan te stel om aan hierdie situasie aandag te gee. 
 
Die Britse minister het op sy beurt `n verslag oor die regulering van landbou- en voedselbesighede in die Verenigde Koninkryk aan meneer Van Rensburg oorhandig. Die verslag ondersoek blykbaar maniere om die regulatoriese omgewing meer vaartbelyn te maak. 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0