Wes-Kaap-se-regering-red-Chelsea-blommeskou
![]() |
Die Wes-Kaap se regering het vanjaar se uitstalling van die Chelsea-blommeskou gered toe daar nie ander borgskappe gevind kon word nie. So het meneer Gerrit van Rensburg, die Wes-Kaapse minister van Landbou en Landelike Ontwikkeling verlede week gesê, toe hy ‘n draai by die bekende blommeskou gemaak het.
Suid-Afrika het sy 31ste goue-toekenning op vanjaar se skou ontvang. Volgens meneer Van Rensburg, was vanjaar se deelname baie besonders aangesien blomme van bemagtigingsplase in die Wes-Kaap ook gebruik is.
Meneer Van Rensburg is van mening dat die blootstelling wat Suid-Afrika tydens dié skou kry baie goeie waarde vir geld is. “Talle besoekers aan ons uitstalling het aangedui dat hulle graag na Suid Afrika sal wil reis om ons natuurskoon te kom beleef. Dit is uiters goeie nuus vir ons toerisme bedryf” het hy gesê.