Categories: Artikels, MeganisasiePublished On: 17th April 2019

Werk vinnig, ver, hoog en laag met JCB

By 4 min read
766 words
jcb

jcb01

Hy is so sterk soos ՚n olifant, so lank soos ՚n kameelperd, drink so min soos ՚n kameel en draai op ՚n tiekie. Sy naam is JCB. As Gerald Smith van Kleinwater naby Balmoral op die Oostelike Hoëveld iets gelig, geskuif of gegrawe wil hê roep hy sy JCB-masjiene nader.

Met 400 hektaar lande onder besproeiing en ՚n groot voermaak-operasie is daar altyd ՚n gat of ՚n sloot wat gegrou moet word, kunsmis of hoendermis wat geskuif moet word en bale wat gelaai moet word.

“Ek het die landbouspesifikasie, JCB 3CX Eco TLB gekry om gou moederlyne na spilpunte oop te maak as daar ՚n probleem is, en ook om slote te grawe vir nuwe moederlyne wanneer ons uitbrei,” vertel Gerald.

So ՚n sloot kan kilometers lank wees en van die groot voordele van die 3CXEco is die reikwydte van sy slootgrawer (backhoe).

Gerald sê: “Jy kan dieper en verder grawe as met enige ander masjien op die mark, wat beteken die TLB hoef minder te skuif en die werk vorder vinniger.”

Slootgrawe is egter net ՚n deel van die 3CX Eco se bedrywige loopbaan op die plaas. In die geriefl ike, lugversorgde kajuit druk jy net ՚n knoppie om jou sitplek vir die volgende taak om te draai. Om die laaigraafbak met ՚n baalvurk te ruil, haak jy vanuit die kajuit die bak af en die vurk aan en daar gaan jy!

Gerald Smith van Balmoral sê Johan Botha van AFGRI Middelburg se diens is net so goed soos die JCB’s wat hy verkoop.

՚n Eenmasjien-werksmag!

Gerald sê baie van die produkte wat hulle op die plaas ontvang, soos kunsmis, is op palette, wat maklik met die JCB se toepaslike aanhegstuk opgelig en verskuif word. Jy kan ook massasakke haak en lig en met die laaigraaf kan jy kalk of mis in jou strooier laai, hope grond verskuif, gate toegooi en weer die grond gelyk maak. As jy ՚n werkie bo-op die spilpunt wil doen, maak die JCB dit maklik om by te kom.

Die beste is dat die JCB 3CX Eco ՚n derde hidrouliese pomp het. Die oliedruk is daar wanneer jy dit nodig het. Al die swaar werk word teen lae enjinrewolusies uitgevoer wat tot 16% brandstofbesparing teenoor ander masjiene in dieselfde klas meebring.

Die vierwielaangedrewe masjien raak met sy vier ewe groot wiele enige terrein baas. Wil jy bale tot teen die skuur se dak pak? Roep dan die telehanteerder JCB 531-70 nader. Die syfers beteken die staatmaker lig 3,1 ton 7 meter hoog op. Dit is ook handig om daardie laaste twee rye bale hoog op die vragmotor se bak te stapel.

Gerald is verstom oor die gemak waarmee die masjien beheer word. Met vorige masjiene moes hy elke aksie apart uitvoer. “Wat my verbaas is hoeveel van die funksies jy gelyk kan uitvoer deur die beheerarm in die koers te beweeg wat jy wil hê dit moet beweeg. Die masjien waarsku jou as jy lawwe goed probeer aanvang soos om iets wat te swaar is te ver wil lig. Hy stel ook outomaties die hoek van die aanhegstuk sodat jy nie jou vrag verloor nie.”

Deur die dakvenster kan jy presies sien wat gaan bo jou kop aan, maar soos met al JCB se masjiene is veiligheid nie onderhandelbaar nie. In die versterkte kajuit is jy knus en veilig. Die masjien weier ook om ՚n voet te versit as daar nie iemand op die sitplek sit nie. Indien iets lank in die lug gehou moet word, sluit ՚n meganiese sluitstuk die silinder. Die 75kW EcoMAX-enjin is ՚n kragtige brandstofbespaarder wat gemaklik en vinnig werk teen 1 600 omwentelinge per minuut vanweë die groter oliepomp wat immer genoeg druk lewer.

Die JCB 531-70 is kompak en het onafhanklike vierwielstuurvermoë. Met krapstuur (crabsteer) kan jy in die kleinste ruimte enige kant toe draai. Oorverhitting word verhoed deur die waaier wat verkeerdom kan draai om die verkoeler skoon te blaas. Nog ՚n pluspunt is LiveLink. ՚n Simkaart in elke masjien laat weet jou presies waar hy is en of daar iets is wat aandag nodig het.

Gerald sê: “JCB dink aan die werk wat gedoen moet word en die mens wat die werk moet doen. Met die goeie diens en ondersteuning van AFGRI kan ons sonder ophou doen wat gedoen moet word.”

Pak jou bale tot by die dak met die JCB 531-70.

Kry jou JCB-oplossing. Kontak Daniël Erasmus van JCB by 072-564-1041, daniel.erasmus@jcb.com of Gary van Wyk van JCB by 072-445-3112, gary.vanwyk@jcb.com. Besoek gerus ook www.jcb.com. Besoek ons by NAMPO: Standplaas: E39, E40 & F8

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0