Categories: NewsPublished On: 5th July 2010

Wenners werk wyd: Plant vir prestasie met Equalizer!

By 3 min read
631 words

As dit reën en die grond is reg het die boer nie tyd vir rondstaan of sukkel nie – dan moet hy plant so al wat hy kan terwyl die gunstige toestande voortduur.

Die boer wat eindeloos met klein, stadige plantertjies ry op en af moet sukkel kan swarigheid verwag as die planttyd verbygaan voordat hy klaar geplant het.

Daarom verkies suksesvolle boere groot, betroubare plan­ters waarmee hulle vinnig, betroubaar en akkuraat kan plant en wat spesiaal volgens elke indiwiduele boer se besondere behoeftes gemaak is.

Daardie voortreflike planter is die Equalizer, wat in Suid-Afri­ka deur Theebo Tech ontwerp en vervaardig word presies volgens Suid-Afrika se boere se behoeftes.

Equalizer-planters is reeds knap koringboere se eerste keuse omdat hulle so doeltreffend werk, so wyd plant, so akkuraat is en so duursaam is.

Goeie nuus vir mielie-, soja- en sonneblomboere is dat hulle nou ook die voordele van Equalizer-planters kan smaak met Equalizer se vernuftige wye rame wat twee of drie konvensionele ses- of agtryplan­ters aaneenskakel sodat jy met net een beweging byna van horison tot horison kan plant.

Dit beteken dat jy minder trekkers, minder operateurs, minder GPS-stelsels en minder moeite het om groot lappe aarde deeglik te beplant.

Boonop dra die Equalizerraam tenks van tot 5 000 kg vir vloei­bare of korrelkunsmis en vir gif, sodat jy ook nie knaend meer tyd aan aanvulling as aan plant bestee nie.

En nee, die groot vrag kunsmis en tegnologie wat die Equalizer saamdra, beteken nie dat hy jou land onnodig gaan vastrap nie – daarvoor sorg sy breë ballonwiele.

Die Equalizer is nogal hoog, maar kunsmis word maklik aangevul deur die middelgemonteerde aanvulpyp met voerwurm, wat een man lag-lag hanteer.

Daardie kunsmis word presies akkuraat toegedien deur die Equalizer se lugtoedieningstelsel (air seeder), wat jou in staat stel om jou kunsmis toe te dien soos en waar jy wil – selfs ’n gedeelte by die saad en die res elders.

Omdat die Equaliser se lugtoedieningstelsel self sy rollers skoonmaak, is hy perfek vir kunsmistoediening sonder dat jy ooit met verstoppings sal suk­kel. Hy kan hoeveelhede van 3 tot 300 kg per hektaar presies perfek toedien en is maklik om te kalibreer.

Jy kan ook kies watter soort presisieplantereenhede jy aan jou gevorderde Equalizer-raam wil monteer. Die meeste boere verkies Massey Ferguson se 555-planterry-eenhede of John Deere se MaxEmerge-een­hede.

Die plantereenhede is wielaan­gedrewe vanaf die grond deur ’n swaardiens-ratkas wat jare en jare lank sal hou. Jy kan ook ’n aandryfwiel, ratkas en pomp vir vloeibare kunsmis aanbring, sowel as ’n derde tenk van
1 611 liter.

Equalizer se WideSpan-planterrame is beskikbaar in wydtes vanaf 9,9 tot 24,0 meter, maar almal vou elektro-hidroulies op tot ’n skrale 4,85 meter vir vervoer.

Daar is modelle wat met drie­voetspasiëring (914 mm) van 12 tot 24 rye kan plant; met vyfvoetspasiëring (1 524 mm) 10 of 15 rye; met dertigduimspasiëring (762 mm) 12 tot 30 rye; en met 900 x 1 300 mm-treinspoorspasiëring 12, 16 of 18 rye.

Die verskillende modelle bestaan uit drie of vyf seksies, wat verseker dat jy altyd oral ewe diep en ewe doeltreffend plant.

’n Mens hoef net na die Equali­zer te kyk om te sien hy sal werk. Hy is netjies en stewig gebou en elke ding is logies, op sy plek en sonder tierlantyntjies. En ervare boere weet – as daar Equali­zer op ’n ding staan, kan jy hom met vertroue koop.

Equalizer word rotsvas gerugsteun deur Theebo Tech en sy bekwame span handelaars wat gerieflik binne elke boer se bereik is om net die beste naverkoopsteun te bied.

Vir meer inligting, praat met Gideon Schreuder by 021-981-2161 of Marius Tolmay by 083-581-5709 of e-pos gideon@equalizer.co.za, of besoekwww.equalizer.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0