Wenk:-Sleutels
![]() |
Wenk: As jy ‘n groot bos sleutels het wat almal min of meer eenders lyk, is dit gewoonlik die laaste een wat op die slot pas. Skakel die tydrowende sleutelsoekfrustrasie uit deur stukkies lyn met jou vrou se koekkleursel te kleur en deur die sleutels se gaatjies te bind: Byvoorbeeld rooi vir die gifkamer se sleutel, groen vir die voerskuur se sleutel, geel vir die gereedskapkamer se sleutel, ensovoorts.
‘n Boer maak ‘n plan en ‘n gawe boer deel daardie planne met ander sodat ons almal minder hoef te sukkel. Dieselfde geld die boerehuisvrou. Stuur jou plan of wenk, gemerk Boer-se-plan, aan oppiestoep@mweb.co.za en staan ‘n kans om ‘n musiekpiering van Thys, die Bosveldklong, te wen. Huishouwenke is ook welkom. As jy ‘n landbou- of huishouverwante probleem het wat jou grys hare gee, stuur dit ook, dan kyk ons of ons by die kenners ‘n oplossing vir jou probleem kan kry.