Wen-met-’n-wenspilpunt:-Senter-360-–-die-perfekte-balans-tussen-gehalte-en-bekostigbaarheid
Wins is waaroor boerdery gaan. Dis hoekom suksesvolle boere die sukses-spilpunt kies – die Senter 360.
Meer as twintig jaar se ervaring in die ontwerp, vervaardiging, opmeting en oprigting van besproeiingstelsels vorm die stewige ruggraat van Senter 360 se produkte en diens. Al hierdie kennis is ontwikkel in noue samewerking met die boer, want hy is immers die een wat die beste weet wat ’n spilpunt moet kan doen.
Een so ’n boer is Johan Snyman, wat hoogs tevrede is met sy spilpunte by Hekpoort en Carletonville.
Met die tipiese raaksê van ’n boer, verklaar Johan pront en bondig watter vereistes hy aan ’n spilpunt stel: “Gehalte waarop jy kan reken teen ’n prys wat jy kan bekostig.” Senter 360 val kolskoot binne hierdie beskrywing.
Veral in groentebeddings moet ’n spilpunt sy storie ken, want hy moet heeldag op en oor walle klim. Die Senter 360 wat hierdie moordende werk reeds sedert 2001 op Johan se plaas by Hekpoort doen, stap nog steeds met presies dieselfde vasberade doeltreffendheid as toe hy die eerste dag op die plaas aangekom het – geen probleme nie.
Dis hoekom Johan nie eers iets anders as Senter 360 oorweeg wanneer hy nuwe spilpunte aankoop nie. Senter 360 se kundiges verstaan die boer en sy behoeftes. Hulle is trots op hulle werk, stip en flink en wakker – en hulle hou hulle woord wat afsprake en afleweringsdatums betref.
“Ek kan nie sê hoe Senter 360 se naverkoopdiens is nie, want nie een van hulle spilpunte het al ooit loop staan en naverkoopdiens nodig gehad nie,” sê Johan, maar te oordeel aan die flinkheid waarmee hulle al gesteelde spilpuntkabels kom vervang het, is hy seker dat Senter 360 se mense nooit sal toelaat dat een van hulle spilpunte ’n onbehoorlike tyd staan nie.
Ten spyte van Senter 360 se bekostigbaarheid, maak die maatskappy se mense geen toegewings ten opsigte van gehalte nie. Hulle gebruik net die beste sproeiers, spesiale spilpuntbande, ’n unieke patent om die laaste sproeier skoon te hou, moderne elektroniese/elektromeganiese beheerpanele, ’n spansterkte van 60% bo die gewone standaard vir hulle strukture en net SABS-goedgekeurde galvaniseringstandaarde vir alle strukturele komponente.
Jy kan ook die beste gehalte teen die beste prys kry, waar jy ook al boer. Praat vandag met Senter 360 se mense by 018-469-1331 of info@senter360.co.za. Jy kan ook regstreeks met die besturende direkteur, Theuns Dreyer, praat by 082-564-5955, of meer inligting kry by www.senter360.co.za.