Categories: NewsPublished On: 15th August 2011

Wegspring-van-skolemelkprojek-verloop-vlot

By 1 min read
146 words

Die loods-skolemelkprojek wat deur die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye befonds en deur die MPO bestuur en gekoördineer word, is op 29 Julie van stapel gestuur en verloop vlot. Die 1 100 leerders van agt skole in die Alice distrik, Oos-Kaap kry elke dag, Maandag tot Vrydag, 250ml langlewe melk by die skool.

Clover het ook plakkate aan die skole verskaf wat die leerders vertel waar vars melk vandaan kom, hoe dit hanteer en verwerk word en wat die voordele daarvan is om suiwelprodukte in ‘n gesonde dieet in te sluit. Die betrokke skole sal ook binnekort naamborde deur Clover geborg, ontvang.

Die MPO is tans besig om die toesighouers by die skole op te lei en die verspreidingsproses te monitor. Dr Nico Schutte van die MPO se Cendel, sê hy is bemoedig deur die projek se ontvangs deur die leerders, onderwysers en omliggende gemeenskap.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0