Categories: NewsPublished On: 28th May 2010

Waterberg-werk-flink-met-waardevolle-wild

By 2 min read
371 words

WilWaterberg-werk-flink-met-waardevolle-wild/p>

Daarom dring verantwoordelike wildboere aan op die dienste van Waterberg Game Dealers, die wildspesialiste wat die volgende dienste bied:

• Koop en verkoop wild
  (8 veilings per jaar)
• Vang wild
• Vervoer en hervestig wild
• Tel wild
• Pyl wild vir enting, behandeling          
 en navorsing
• Voer wild uit
• Wildplaasontwikkeling

Met baie jare ondervinding, opgeleide en ervare vlieëniers en grondpersoneel en die mees gevorderde metodes en toerusting soos 6 helikopters, 14 spesiaal-toegeruste vragmotors, 10 wildsleepwaens en 4 renosterkratte, lewer Waterberg Game Dealers ’n spesialisdiens wat die pad vir die wildboer en wildkoper gelyk en maklik maak.

Waterberg Game Dealers verstaan elke wildsoort se aard en gewoontes sodat alle vangste en hantering altyd gladweg en met die minste moontlike spanning vir die diere verloop. Dit verseker dat wild wat te koop aangebied word altyd in ’n goeie kondisie is.

Waterberg Game Dealers se agt veilings per jaar is elkeen ’n hoogtepunt op die wildbedryf se kalender. Dit vind plaas by Waterberg Game Dealers se Oljaco-veilingskrale op Vaalwater, waar wild ook vooraf in die groot aantal stewige, wildvriendelike bomas besigtig kan word.

’n Wye verskeidenheid wildsoorte word hanteer, en Waterberg Game Dealers spesialiseer in skaars spesies.

Waterberg Game Dealers hervestig alle wild wat verkoop word by die kopers.

Wild kan ook uit die hand by Waterberg Game Dealers gekoop word en geen bestelling is te klein of te groot nie.

Op Waterberg Game Dealers se eerste wildveiling vir die jaar is ’n reuse omset van R7 836 550 behaal met ’n groot verskeidenheid wild van alle soorte wat opgeveil is.

Buffelkoeie het ’n gemiddelde prys van R372 500 behaal, swartwitpensverse R170 000, witrenosterkoeie R255 000 en sebras R5 200. Tien buffelbulle is teen ’n gemiddelde prys van 105 100 verkoop en die hoogste prys wat ’n buffelbul behaal het, was R460 000.

Die duurste koedoebul is vir R11 500 verkoop en die duurste swartwitpensbul vir R66 000.

Die oorblywende veilings vir die jaar is op 29 Mei, 26 Junie, 31 Julie, 28 Augustus en 25 September, almal by Oljaco-veilingskrale in Vaalwater. Praat met Coena Smith van Waterberg Game Dealers by 014-755-3626 of 082-388-2740 of e-pos gamedealers@mweb.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0