Categories: NewsPublished On: 17th January 2011

Water-rig-enorme-skade-aan-in-die-Noord-Kaap

By 1 min read

Plase langs die Oranjerivier in die Noord-Kaap  is onder water.

Meneer Stefaans de Lange, ‘n boer van die Upington-omgewing sê baie boere het alles verloor nadat die Oranjerivier Donderdag-aand sy walle oorstoom het. Sedertdien het groot gedeeltes van die wal self weggespoel en die massa water het eenvoudig alles wat voorkom uit sy pad gevee.
 
Meneer de Lange sê sy eie grond is tans nog by plekke tot drie en ‘n half meter onder water.
 
Die watervlak daal baie stadig en dit kan tot drie maande duur voordat boere weer hulle lande kan begin bewerk. Moontlik sal lappies grond teen Desember  weer ‘n oes kan oplewer maar hy weet nie waar boere geld vandaan gaan kry om weer te plant nie aangesien die huidige oes in sy geheel verwoes is sê meneer de Lange.
 
Dis nog te vroeg om die omvang van die skade te bepaal  maar dit sal uiteindelik miljarde rande beloop.
 
Intussen het minister Tina Joemat-Pettersson haar onsteltenis oor die grootskaalse verwoesting wat vloedwater die naweek aangerig het uitgespreek nadat sy Sondag oor die gebied gevlieg het.
 
‘n Geskatte 20 000 hektaar landbougrond is onder water.
 

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment