Wat-van-skoolhou-in-Georgië?
Dit is nou ongeveer ’n jaar sedert TLU SA en die Georgiese regering ‘n samwerkingsooreenkoms onderteken het om Georgië se landbou op ‘n kommersiële vlak te kry. Heelwat skakeling het in die tydperk met diè land plaasgevind, veral op die landbougebied.
Die Georgiese regering het besef dat indien hulle enige invloed in die weste wil maak hulle hul Engelse kommunikasie vermoë moet verbeter. Derhalwe het hulle ’n program ingestel waarby elke skool ’n Engelse onderwyser moet kry en is Engels ’n verpligte vak in hulle skole sedert die begin van die jaar.
Daarom het hulle verneem na belangstellendes wat graag daar sal wil gaan skoolhou op ’n kontrakbasis.
Dit mag dalk ’n gulde geleentheid vir jong afgestudeerde onderwysers en onderwyseresse wees wat nie ’n pos kan kry nie en wat ’n tyd wil beleef wat hulle hul lewe lank sal by bly. Die vergoeding behels 2 retoer kaartjies per jaar, inwoning by gesinne in die dorpe wat etes insluit en 500 GEL (lari) per maand. Dit is ongeveer R2000 per maand.
Die onderwysers sal ook die voorreg hê om in ’n veilige omgewing te kan werk en leef.
Meer inligting kan verkry word op die webblad www.tlg.gov.ge