Categories: NewsPublished On: 13th January 2011

Wat ‘n skors(ie)!

By 1 min read

Nee dit is nie ‘n waatlemoen nie, maar ‘n doodgewone skorsie wat in Hercules Smit se groentetuin groei…

Smittie, soos hy bekend staan, bedryf ‘n gawe groentetuin op ‘n kleinhoewe langs die Molotopad net buite Pretoria. Hy het ses skorsiepitte in die grond gedruk en was redelik verbaas toe die een stoel net aanhou groei en groei en toe later die reuse skorsies oplewer. Een skorsie het 3,5kg geweeg. Die meeste is nou al afgepluk en geëet, maar Smittie het die laatkommer afgeneem en die foto na ProAgri gestuur met die vraag: Is dit normaal, of het hy dalk ‘n nuwe kultivar ontdek?
 
En ja, die skorsies smaak heerlik en het baie vleis, min pitte en is glad nie draderig nie.
 
Gaan kyk ‘n bietjie wat groei agter in jou tuin en stuur vir ons ‘n foto na info@proagri.co.za.

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment