Categories: NewsPublished On: 21st July 2011

Wat-maak-diewe-in-Pretoria-met-mielieplanters?

By 1 min read
256 words

Michris Janse van Rensburg, wat twee jaar na mekaar die patentewedstryd op Nampo gewen het, het groot skade gely toe sy trokkie met R100 000 se toerusting op in die middestad van Pretoria gesteel is. Die grootste deel van die toerusting was juis handmielieplanters, die patent waarmee hy verlede jaar gewen het.

‘n Paar voorbeelde van hierdie jaar se patent, ‘n handkunsmisstrooier, is ook gesteel. Michris sê hy glo nie die diewe het enige idee wat die goed agter op sy ou staatmaker Hilux-plaasbakkie is nie, maar as hulle uitvind hoop hy hulle gebruik dit om kos te produseer in plaas van steel!

Hy het die planters Pretoria toe gebring vir ‘n skou en konferensie wat vir swart boere aangebied word en moes ook ‘n paar aflewerings op pad doen. Sy bakkie is gesteel toe hy by die Burgersparkhotel gestop het om vir die landbouminister van Tanzanië ‘n planter af te lewer.

Hy het onderneem om ondanks sy verlies, steeds aan ProAgri ‘n planter beskikbaar te stel wat op TLU SA se jaarkongres op 31 Augustus en 1 September as ‘n prys aangebied gaan word.

Die planter maak kleingeld van haasbekmielierye waar mielies nie goed opgekom het nie of dalk deur insekte of springhaasrotte beskadig is. Net die tyd en geld wat ‘n boer spaar in terme van arbeid om die mielies met die hand te plant, betaal sommer binne ‘n dag die plantertjie se koste. Vir meer inligting skakel Michris Janse van Rensburg by 073-454-4111.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0