Categories: NewsPublished On: 30th May 2011

Vrystaatboere-kap-Eskom-se-verslag

By 1 min read
Die bewerings wat Eskom maak is absurd het meneer Henk Vermeulen bestuurder van Vrystaat Landbou volgens die koerant Free State Times gesê.
 
Dit volg op Eskom se bekendmaking dat boere in ‘n bepaalde kategorie vir 48% van die land se elektrisiteit-diefstalgevalle verantwoordelik is. Eskom beweer ook dat die landbou as bedryf die hoogste voorkoms van elektrisiteitdiefstal het. 
 
Blykbaar het ‘n ondersoek aan die lig gebring dat sindikate op groot skaal aan die werk is om boere aan te moedig om met hulle kragaansluitingspunte te laat peuter. 
 
“Hoe kan die gemeenskap wat die beste betaler vir krag is dan krag steel”, wou meneer Vermeulen weet.  “Dit klink net nie reg nie” het hy gesê.
 
Hy het Eskom uitgedaag om te sê wie die skuldiges is.  “As daar boere is wat onwettige aansluitings maak sal ons organisasie hulle nie ondersteun nie, want ons glo nie in diefstal nie”. 
 
“Ek wil hê Eskom moet bewys dat die land se boere krag steel, veral in die Vrystaat” het mnr Vermeulen met betrekking tot die verslag gesê.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0