Categories: NewsPublished On: 23rd June 2011

Volkswagen-skenk-Amaroks-om-renosters-op-te-pas

By 1 min read
144 words
Volkswagen  Kommersiële Voertuie  het ses Amarok-bakkies ter waarde van R2 miljoen aan die Renosterbeskermingsinisiatief geskenk. Die borgskap maak deel uit van Volkswagen se “Think Blue”-strategie wat volgens ‘n verklaring hulle verantwoordelike benadering rondom omgewingsake verteenwoordig.
 
Die Amaroks sal aangewend word in provinsies wat die ergste onder renosterstopers deurloop en sal in voorkomende en teenstroop-operasies gebruik word.
 
Die jongste verslae toon aan dat een renoster feitlik elke dag in Suid-Afrika gestroop word. Tot dusver het meer as 170 renosters vanjaar deurgeloop. 
 
Die omvang van die probleem word duidelik as mens in ag neem dat daar in 2007 slegs 13 renosters is gestroop is. In 2009 het die getal gestyg tot 124 en in 2010 het dit die hoogte ingeskiet tot 335.
 
Suid-Afrika is is tans die tuiste van meer as 90 persent van alle renosters in die wêreld.
0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0